skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Ek wil graag aansluit, hoe werk dit?

  1. Jy registreer, deur jou en jou kinders/kleinkinders se besonderhede in te vul
  2. Jy ontvang dadelik bevestiging per epos
  3. Ons voeg jou by ons Whatsapp groepie (Storietydboekklub) wat ons as volg gebruik:
    1. Ons stuur vir jou 'n boodskap sodra die kwartaalkeuses oop is en jy boekies kan gaan kies. (Jy sal ook kan ook sien watter boekies jou kinders of kleinkinders sal ontvang as jy nie self wil of kan kies nie.)
    2. Ons laat weet jou sodra ons julle boekies per koerier stuur, met die afleweringsbesonderhede.
    3. Jy kontak ons per Whatsapp as jy enige hulp nodig het of iets wil vra.
  4. Welkom, Jy is nou deel van 'n baie spesiale kinderboekklub!

Kostes:

Storietyd se strewe is om net die mees geskikte en gepaste boeke per ouderdom vir elkeen van jou kinders of kleinkinders te vind. Ons wil namens jou die beste boeke teen die billikste koste verskaf – met die minimum moeite aan jou kant. Jou subskripsie stel ons in staat om dit te doen, 0-12 jaar: slegs R 125pm en 13-18 jaar: slegs R 160pm. Aflewering, R 30pm per adres.

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewe dae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
machdel@storietyd.co.za
Tel: 064 500 9386

Faktuur oplossings deur Invoices Online