skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Dis maklik om aan te sluit

Om deel te word van Storietyd vir slegs R 115 vir ouderdom 0 tot 12 jaar, en tieners (13 tot 18 jaar) R 155 per maand, en elke kwartaal voor die skoolvakansie ontvang jy tenminste TWEE nuwe boeke. Volg hierdie maklike stappe:

  1. Registreer deur om hierdie maklike registrasievorm in te vul.
  2. Voeg 'n subskripsie by vir elke kind wat by Storietyd aansluit deur sy /haar naam en geboortedatum in te vul om die korrekte boeke vir sy/haar ouderdom te ontvang.
  3. Teken die PDF-magtigingsvorm - jy kan dit aflaai deur op die skakel in die groen blokkie te kliek, en jy sal dit per e-pos ontvang.
  4. Stuur die getekende vorm na ons per e-pos : zelda@storietyd.co.za - ons moet dit ontvang om jou lidmaatskap te aktiveer.


    Welkom by Storietyd!


  5. Geluk, nou is jy 'n volwaardige Storietydlid! Wees gereed om lekker lees boeke voor elke vakansie te ontvang!
  6. Jou eerste pakkie word gestuur op die eerste verpakkingsdatum (Maart, Junie, September, Desember) nadat jy reeds drie debiet orders betaal het vir elke subskripsie.
  7. Ons stuur vir jou 'n boodskap wanneer jy self jou keuses vir die kwartaal se boeke moet maak per sms.
  8. Jou kind se pakkie word by jou kantoor of huis afgelewer (jou keuse) en julle kan saam die wonderwêreld van lees geniet!

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online